https:/sacoronavirus.co.za
Inleef in 'n plek
Die stories wat plek(ke) het om te vertel, en wat deur talle monde vertel en gevier moet word, is deel van die fisiese belewing van plek, die fisiese inleef in 'n gegewe plek. Taal en beeld kan 'n nuwe respek en herontdekking van plek tot gevolg hê, en van hoe ons as deel van plek, daarmee in interaksie tree. Dit is om deel te word van die sensuele realiteit van dit wat ons omring en sensories en interaktief daaraan deel te hê. Plek bestaan uit 'n oneindige hoeveelheid fisiese materialiteite - en ons kan dit slegs waarneem, omdat ons self fisiese materialiteit is: tasbare, hoorbare resonante wesens wat self tekstuur en vorm en kleur het.
Susan Smith
My Land
Vir Fanie
Kom ons praat gewone stories, Sandveldstories:
blomme, klein orgideë, heerboontjies;
Piketberg, Goedverwagt, Velddrif, Redelinghuys,
Graaffwater, Lambertsbaai, Het Kruis.
Kom ons plant lusern ry op ry in ryme
op Leipoldtville, Wadrif; kom laat ons
waterblommetjies pluk by Vloorvlei,
saam eet in skousale: hoenderpastei,
waterblommetjiebredie en oranjegeel patat.
Kom ons herkou aan al die variante van wurg:
die nuwe Jewelpatat van die VSA,
antioksidante, rooi, geel, groen, pers.
Kom ons skinder oor die Louws,
genoem Blootvoet, Draadtuin, Platriem.
Kom ons kloof fluitjiesriet in moerasse:
steenbokriet, vleiriet, snokwasriet,
in die Sandveld-asse.
Kom maak ons saamwees
kleisteenhuisies;
ons gedagtes rietdakskuilings.
Myra Lochner
Vir Fanie
Kom ons praat gewone stories, Sandveldstories:
blomme, klein orgideë, heerboontjies;
Piketberg, Goedverwagt, Velddrif, Redelinghuys,
Graaffwater, Lambertsbaai, Het Kruis.
Kom ons plant lusern ry op ry in ryme
op Leipoldtville, Wadrif; kom laat ons
waterblommetjies pluk by Vloorvlei,
saam eet in skousale: hoenderpastei,
waterblommetjiebredie en oranjegeel patat.
Kom ons herkou aan al die variante van wurg:
die nuwe Jewelpatat van die VSA,
antioksidante, rooi, geel, groen, pers.
Kom ons skinder oor die Louws,
genoem Blootvoet, Draadtuin, Platriem.
Kom ons kloof fluitjiesriet in moerasse:
steenbokriet, vleiriet, snokwasriet,
in die Sandveld-asse.
Kom maak ons saamwees
kleisteenhuisies;
ons gedagtes rietdakskuilings.
Myra Lochner