Merweville
Foto: Lourens Oosthuizen, Merweville.
'k ken jou deur Lourens Oosthuizen
in lanksleep-verloop van stilstaan-tyd
en vér loop deur ruimtes eindloos wyd
ken 'k jou
al weet 'k nie die naam van skerf en bos
die prys van diesel, of wat skaap nou kos
ken 'k jou
al besit ek nooit hier 'n greintjie grond
warrel stof ook in my sonskroei-wond
en
borrel reentvreugde ook uit mý mond
ja, 'k ken jou goed, jy's mos eie bloed
(Die foto is in Merweville geneem. Die gedagtes gaan egter oor die Karoo.)