Upington
Foto: Jonine von Wielligh
Upington deur Jonine von Wielligh
Die melkweg van die Groen Kalahari
ryg wit stiltes by poorte van die hemel uit,
laat my oogpeusel aan sterre wat flirt
in knalswart nagte bo die Oranje-Rivier
Ek soek na drentel-bewegings in Schröderstraat
se vaal donkie, gegote in versteende ewigheid
en die brons kameel se gebeitelde ruiter
wat nêrens heen reis nie
Ek slaan my arms om rigiede palmlane
waar vryers van desjare
vure aangesteek het in gul somersmaande
en sluit my gedagtes om dié Noord-Kaapse dorp
wat laaglê onder verskietende komete
waar my voete kan wegsink
in sondeurdrenkte duine
en ek onbevange kan dans
met vlaktes wat vlam om my voete