Heroldsbaai
Foto: Myra Lochner
Die baai wat myne was deur Myra Lochner
Die dag is deinserig toe ek terugkeer.
Die mis in Mei kil konsentraat
van druppels hartseer sonder maat.
Die heuwels lê nog almal daar:
tien reuse afgetel op vingers
wat "dekade" spel.
U-vormig die arms wat die skuim
en son omhels.
Agter my rug die horison van drome
hoog bo die Rooidraai: grys beton
wat groei uit groen.
Dit is die tempera, gedemp op God se doek
wat deeltjies van my wees in skulpgruis soek,
waar seevoëls swygsaam gly
oor die gestorwe stemme wat aanhoudend krys.
Die dag is deinserig toe ek terugkeer.
Die mis in Mei kil konsentraat
van druppels hartseer sonder maat.
Die heuwels lê nog almal daar:
tien reuse afgetel op vingers
wat "dekade" spel.
U-vormig die arms wat die skuim
en son omhels.
Agter my rug die horison van drome
hoog bo die Rooidraai: grys beton
wat groei uit groen.
Dit is die tempera, gedemp op God se doek
wat deeltjies van my wees in skulpgruis soek,
waar seevoëls swygsaam gly
oor die gestorwe stemme wat aanhoudend krys.