Ceres-karoo
Heimat-verlange deur Winefred Gertruida Marx
Soekend oor die vlaktes van die Ceres-Karoo
trek alles ineen, want hier is geen kambro
tussen konkreet en staal waar die son sak
en die maansopkoms ongemerk verbygaan.
Enjinlawaai oordonder elke lugspasie
teerstrate vol gate – laat jou wonder
of natuur die horlosie terugdraai.
Geboue word murasies en onkruid neem
die plek van spogtuine; ashope nou
die land se seeduine.
Bok, skaap, hond en koei
laat kort-kort die ambulanssirene loei
as hulle ten spyte van besige paaie,
wei asof hulle op oop plaasvlaktes is.
Hul ore so gekondisioneer, dat hulle
in ‘n vakuum verkeer.
Ek verlang na miershoopsteen-huisies*
met rook wat uit skoorstene krul,
waar die hardste geluid ‘n kriek is wat skril.
Om saans op die houtbankie
buite te sit, as die stilte neerdaal
terwyl sterre en maan die vlaktes
met ligte besaai en vlermuise bo
in die lug draai.
*miershoopsteen-huisies. In die Karoo was die huise gebou met rysmiershope se grond wat kliphard in die son gebak is,
dit was weerbestand omdat dit elke jaar afgepleister is.