Macassar
Macassar deur Mellet Moll
Hy lê hom neer voor die Almagtige
en wag die vreemde land se voordag in
terwyl hy steeds die oosterligte soek
wat oor Batawië se hemelboog verstil.
Vanuit die koepel van 'n minaret
weerklink die Moesulman se oggendroep
weemoedig oor die slaweland se kleed
as dit van Robben Eiland uitgevlerk
verby die Bokaap oor die strande strek.
Die slawe en die bannelinge buig
wanneer die nuwe dag die salat groet.
En in Macassar sweef die sheikh verlaas
vanoor die duine waar sy kramat staan
na ver komete waar die derwisje
'n laaste rieldans in die oumaan bring.
Hy lê hom neer voor die Almagtige
en wag die vreemde land se voordag in
terwyl hy steeds die oosterligte soek
wat oor Batawië se hemelboog verstil.
Vanuit die koepel van 'n minaret
weerklink die Moesulman se oggendroep
weemoedig oor die slaweland se kleed
as dit van Robben Eiland uitgevlerk
verby die Bokaap oor die strande strek.
Die slawe en die bannelinge buig
wanneer die nuwe dag die salat groet.
En in Macassar sweef die sheikh verlaas
vanoor die duine waar sy kramat staan
na ver komete waar die derwisje
'n laaste rieldans in die oumaan bring.