Henley-on-Klip
henley-on-klip deur Marie Bredenkamp
skugter
in die geroesemoes
van die vaaldriehoek
waar yster en staal
en indrustrie
kras
in rook en vlam
en onguur in geur
teen die hemel klim
lê
sag-omhels
in arms van vloeiwater
van die kliprivier en die vaal
wat in oggendson glim
henley-on-klip
hulle sê hier is huise met spoke
maar sonsondergange is sereen
en orals lê die spore
van dié klein village
soos 'n klein-engeland
as ek wegry in die skemer
en agter my
lees 'n padpredikant
you are leaving a world
of tranquillity behind
skugter
in die geroesemoes
van die vaaldriehoek
waar yster en staal
en indrustrie
kras
in rook en vlam
en onguur in geur
teen die hemel klim
lê
sag-omhels
in arms van vloeiwater
van die kliprivier en die vaal
wat in oggendson glim
henley-on-klip
hulle sê hier is huise met spoke
maar sonsondergange is sereen
en orals lê die spore
van dié klein village
soos 'n klein-engeland
as ek wegry in die skemer
en agter my
lees 'n padpredikant
you are leaving a world
of tranquillity behind