Drakensberg
Foto: Uysie Alberts, Sani-pas, Drakensberg
sani deur Uysie Alberts
bo-op sanipas ruik ek soet engelasem
wat diep in my longe bly klou ...
klou aan die uitsig wyd soos genade
en die ervaring om tot hier te kom:
die landskap verander padlangs
van malse weivelde
wiegende gras in saad
en valleie beskerm
deur grootse rotsformasies
wat my soos 'n fort omvou.
'n geskenkpakket om elke draai
watervalle spat blink
geel bosse pom-pom in blom
proteas pronk pienk en wit
kerklokkiebos, fynbos,
selfs erika se kind -
voëlgeluide kweel en terg
met swiep van kleur en vlerk;
oranjeborsberglyster is net hier te vind
hoër op raak rotse meer
draaie skerper en die afkyk verder
op die alpynse plato groei plante
endemies aan dié gebied
en 'n botanis skarrel om die karnallies
op te spoor en te kiek
maar
ek voel die wind van onsigbare vlerke
en proe die vars engelasem-bries
ek wil dat my mond woorde maak
wat hierdie oomblik tydloos vries
bo-op sanipas ruik ek soet engelasem
wat diep in my longe bly klou ...
klou aan die uitsig wyd soos genade
en die ervaring om tot hier te kom:
die landskap verander padlangs
van malse weivelde
wiegende gras in saad
en valleie beskerm
deur grootse rotsformasies
wat my soos 'n fort omvou.
'n geskenkpakket om elke draai
watervalle spat blink
geel bosse pom-pom in blom
proteas pronk pienk en wit
kerklokkiebos, fynbos,
selfs erika se kind -
voëlgeluide kweel en terg
met swiep van kleur en vlerk;
oranjeborsberglyster is net hier te vind
hoër op raak rotse meer
draaie skerper en die afkyk verder
op die alpynse plato groei plante
endemies aan dié gebied
en 'n botanis skarrel om die karnallies
op te spoor en te kiek
maar
ek voel die wind van onsigbare vlerke
en proe die vars engelasem-bries
ek wil dat my mond woorde maak
wat hierdie oomblik tydloos vries