ONS PLASE/OUR FARMS
Ons voorgeslagte se spore lê steeds diep, al is sommige van ons mees bekende plase nou slegs die bouvalle van vae herinnerings. Dit is belangrik dat ons na ons wortels teruggaan en ons geboorte- grond afkleim, al is dit ook net in die hart. Foto: Louis Naudé, Wolwepoort, dist. Lady Gray.
Wolwepoort deur Louis Naudé
Olive Schreiner en JP
In terme van ouderdom en die omgewing waarin hulle grootgeword het, is daar ‘n merkwaardige ooreenkoms tussen die leefwêrelde van Olive Schreiner en oupagrootjie. Olive is in 1855 en JP in 1851 gebore. Albei se kinderjare ontplooi in die Oos-Kaap. Olive se verhaal sluit onder andere dorpe soos Aliwal-Noord, Cradock, Burgersdorp en Lady Grey in, plekke wat ook ‘n integrale deel van JP se leefwêreld was.
Die moontlikheid dat hulle mekaar dalk toevallig by ‘n geleentheid of wat kon raakloop, is glad nie uitgesluit nie. Die bevolking was op daardie stadium redelik dun gesaai en ‘n toevallige ontmoeting by die kerk, winkel of gesellige byeenkoms is ‘n redelike sterk moontlikheid. Dalk ontdek ons nog eendag een van haar boeke met JP se kenmerkende handskrif op die eerste bladsy.
[Foto's is op die plaas Wolwepoort in die distrik Lady Grey geneem. Hierdie plaas het aan die Naude-voorgeslagte behoort.]