De Aar
Foto: Coen Havenga
Witklip-dorpe deur Coen Havenga
Die Groot-Karoo strek wyd
tot waar die dofblou-hemel
verbete aan die horison byt
en tolbos in mirages wemel.
Teen barre berge lê die witklip
skrou die dorpe se name uit
wyl stoftrane mistroostig drup
uit windpomp se gesplete tuit.
Die son brand altoos genadeloos
op stanings waar karretjies leun
en skaapskeerdersiele immer broos
prewelend op God se genade steun.
Die Groot-Karoo strek wyd
tot waar die dofblou-hemel
verbete aan die horison byt
en tolbos in mirages wemel.
Teen barre berge lê die witklip
skrou die dorpe se name uit
wyl stoftrane mistroostig drup
uit windpomp se gesplete tuit.
Die son brand altoos genadeloos
op stanings waar karretjies leun
en skaapskeerdersiele immer broos
prewelend op God se genade steun.