Outeniqua
Foto: Uysie Alberts
outeniqua deur Uysie Alberts
geklee in bruidsgewaad
trek jy
‘n wasige sluier oor jou gelaat
jou rok se sleep vou
oor kranse grou
en kristaldou
op hellings groen fluweelmos
wanneer krieke sagter skril
son jou newels lig
jou wange rosig kus
en reënboë oor jou skink,
blink bergwater soet in valle
met klanke van ‘n stradivarius
fleurig wuif jou ruiker
van venusvaring, kol-kol, fynbos,
bergroos, pienk en wit heide
gelint met vlinders en bye
kaalvoet spoor jy sag
tussen kusgebied en klein karoo
outeniqua, so hoog soos die laagste ster
sy juweel in eden se kroon.
geklee in bruidsgewaad
trek jy
‘n wasige sluier oor jou gelaat
jou rok se sleep vou
oor kranse grou
en kristaldou
op hellings groen fluweelmos
wanneer krieke sagter skril
son jou newels lig
jou wange rosig kus
en reënboë oor jou skink,
blink bergwater soet in valle
met klanke van ‘n stradivarius
fleurig wuif jou ruiker
van venusvaring, kol-kol, fynbos,
bergroos, pienk en wit heide
gelint met vlinders en bye
kaalvoet spoor jy sag
tussen kusgebied en klein karoo
outeniqua, so hoog soos die laagste ster
sy juweel in eden se kroon.
Foto's geneem deur Uysie Alberts