Tafelberg
Foto: Lettie Murray
klim en dans om tafelberg deur Lettie Murray
waaiend... en pronkend
die fynbos, die ruikbos
teen die hange en plooivoue van tafelberg
waar fyn klokkies koppe
tót die kisklere van die koning protea
omhoog pronk in die afrika-son -
opsóék na die núwe dag...
wag ek saam op blertse misspatsels
wat my
én die fynbos se wange
sággies kom afwas
dans ons hartstogtelik op voëlgeluide
oor die wonder van die lewe
raak ontslae van lustelose giere
rank ons geloof
net hóér
teen sambreel dennebome
speel saam met naaldekokers
en maak voete nat
in die rustige waterstrome…
klim en dans móre weer
teen ‘n núwe krans -
geniet die lewe…
waaiend... en pronkend
die fynbos, die ruikbos
teen die hange en plooivoue van tafelberg
waar fyn klokkies koppe
tót die kisklere van die koning protea
omhoog pronk in die afrika-son -
opsóék na die núwe dag...
wag ek saam op blertse misspatsels
wat my
én die fynbos se wange
sággies kom afwas
dans ons hartstogtelik op voëlgeluide
oor die wonder van die lewe
raak ontslae van lustelose giere
rank ons geloof
net hóér
teen sambreel dennebome
speel saam met naaldekokers
en maak voete nat
in die rustige waterstrome…
klim en dans móre weer
teen ‘n núwe krans -
geniet die lewe…