MAGALIESBERG
Foto: Uysie Alberts
Magaliesberg deur Uysie Albert
tussen moepels en mispels
wilderosyn en aalwyn
waar rante inmekaar vou
in die verte gevleg
en lugspieëlings op die horison
blinkblou damme verberg
stilte raas
in die vlerk van vlinders,
grassade wat skouers skuur,
'n arend tydloos-stil in vlug
en voëlsang
wat aan boomtakke hang
oker rotse, groot en grof
in oerritueel opmekaar gestapel
in perfekte balans
'n burg in ewewig...
magalieberg, dis hiér
waar moepels en mispels vrug
tussen moepels en mispels
wilderosyn en aalwyn
waar rante inmekaar vou
in die verte gevleg
en lugspieëlings op die horison
blinkblou damme verberg
stilte raas
in die vlerk van vlinders,
grassade wat skouers skuur,
'n arend tydloos-stil in vlug
en voëlsang
wat aan boomtakke hang
oker rotse, groot en grof
in oerritueel opmekaar gestapel
in perfekte balans
'n burg in ewewig...
magalieberg, dis hiér
waar moepels en mispels vrug