Bettysbaai
Vernoem na die eerste ontwikkelaar, Arthur Youlden, se dogter Betty. 'n Fynbos en inheemse planteparadys. Skouspelagtige natuurskoon en baie wind. Dit is die langste dorp in Suid-Afrika (13 km). Dit was in die koloniale tydperk 'n bestemming waarheen slawe vanaf Kaapstad gevlug het. In 1912 is daar 'n walvisstasie begin wat gelukkig in 1930 gestaak is. Die oorspronklike plek is vandag 'n beskermde broeiplek vir "brilpikkewyne" (die Afrika pikkewyn wat soos 'n donkie roep). H F Verwoerd het 'n vakansiehuis daar gehad. (Inligting en foto's deur inwoner Linki Brand).