Walter Sisulu botaniesetuin
Foto: Lettie Murray, Witpoortjie-waterval
"Little Falls" [Roodepoort] deur Adéle Theron
(2010-07-01)
Vanuit die weste het Hy gekom
om Lig aan sy Handewerk te gee,
'n stroompie gevorm
om Sy liefde vir mooi met ons te deel.
Sommer so ingedagte
'n duik in die kliprandjie getrap,
die kranse geskeur
om broeiplek aan die arend te gee.
Teen die dwars klipskeur
'n ewig oomblik Sy gedagtes laat rus,
oor die skewe plooie
en klipkreukels Sy lewensasem geblaas.
Duisende saadkorrels
met lewe en kleur laat ontkiem
om 'n ewige prentjie
van groen skadu aan ons te gee.
Die koel stroompie
eenkant en weggesteek verdwaal,
het Hy nader getrek,
'n plekkie in die kransvalle gegee.
Die water jubel
en gly lustig bly na benede.
Soggens spring die druppels rond
en kalwe aan die skuinstes,
namiddag straal die skitterwasem
'n vreugde terug na die Ewige Tuinier.
Die Botaniese Tuine buite Roodepoort is ook die broeiplek van
Witkruisarende hoog-hoog op teen die kranse. Die afdraende
na die voet van die waterval lei jou na 'n kom, afgesluit met kranse
en die mooiste stilste rustigheid. Mens kan vergeet om asem te haal...
(2010-07-01)
Vanuit die weste het Hy gekom
om Lig aan sy Handewerk te gee,
'n stroompie gevorm
om Sy liefde vir mooi met ons te deel.
Sommer so ingedagte
'n duik in die kliprandjie getrap,
die kranse geskeur
om broeiplek aan die arend te gee.
Teen die dwars klipskeur
'n ewig oomblik Sy gedagtes laat rus,
oor die skewe plooie
en klipkreukels Sy lewensasem geblaas.
Duisende saadkorrels
met lewe en kleur laat ontkiem
om 'n ewige prentjie
van groen skadu aan ons te gee.
Die koel stroompie
eenkant en weggesteek verdwaal,
het Hy nader getrek,
'n plekkie in die kransvalle gegee.
Die water jubel
en gly lustig bly na benede.
Soggens spring die druppels rond
en kalwe aan die skuinstes,
namiddag straal die skitterwasem
'n vreugde terug na die Ewige Tuinier.
Die Botaniese Tuine buite Roodepoort is ook die broeiplek van
Witkruisarende hoog-hoog op teen die kranse. Die afdraende
na die voet van die waterval lei jou na 'n kom, afgesluit met kranse
en die mooiste stilste rustigheid. Mens kan vergeet om asem te haal...