Groot-Marico
Groot-Marico deur Marthe McCloud
O vrugbare vallei met jou
beeste, sitrusvrugte en tabak
stop my pyp vol onthou en
vul my kop met mampoer
sodat ek die geskater doer op die agterstoep
van die ou klaskamer kan hoor
waar Herman Charles Bosman
se sussende storieleesstem
bo die hitte uitstyg
en langbaard filosowe en historici
in vergange voetspore trap
Hier waar tyd saam
met die handelose kerkklok
stil gaan staan het
en grafte onvertelde verhale bewaar
walm dik moerkoffie
agter Italiaanse inligtingmure
en gryp-gryp die Tweede Wêreldoorlog
na verspilde tyd
Die slagvelde lê wyd gesprei
winkend oop vir die stadslyke
wat naweke hier herlewing
soek en soos Naaman
hulle melaatsheid
in die rivier kom afwas
totdat hulle velle soos
reëndruppels in die son skitter
O vrugbare vallei met jou
beeste, sitrusvrugte en tabak
stop my pyp vol onthou en
vul my kop met mampoer
sodat ek die geskater doer op die agterstoep
van die ou klaskamer kan hoor
waar Herman Charles Bosman
se sussende storieleesstem
bo die hitte uitstyg
en langbaard filosowe en historici
in vergange voetspore trap
Hier waar tyd saam
met die handelose kerkklok
stil gaan staan het
en grafte onvertelde verhale bewaar
walm dik moerkoffie
agter Italiaanse inligtingmure
en gryp-gryp die Tweede Wêreldoorlog
na verspilde tyd
Die slagvelde lê wyd gesprei
winkend oop vir die stadslyke
wat naweke hier herlewing
soek en soos Naaman
hulle melaatsheid
in die rivier kom afwas
totdat hulle velle soos
reëndruppels in die son skitter