MAPUNGUBWE
Mapungubwe deur Benita Geldenhuys Hartman
Dis hier waar mopanieveld laertrek teen die bloedige son
sy blaarkroon sag en taai
gebrei soos 'n boklammervel
met granietrots en miershoop rondgestrooi in barre kaal veld
Dis hier waar Mapungubwe goud gesmelt het by Luiperdkop
saans feesgevier het by die rots wat prut en kook
met Limpopo en Sashi wat ontmoet in een magtige stroom
waar olifantspoor migrasie van duisend-en-een slurpdraers verklap
wat snags geluidloos oor grense heen trap
Dis hier waar kremetart speelplek van kees
stoot uit die kors van die noordelike hel
waar mense huil as een van dié reuse neerval
sing as die reën die soetveld geil deur die dor winter dra
Dis noord van die berg die Soutpansberg
waar geoloog en myner en massiewe trok vandag
steenkool en diamant myn gebêre in die klip
verblind deur skoonheid veel dieper as 'n mynskag