Cradock
Foto: Bennie Foster
Cradock deur Bennie Foster
Langs die oewers van die magtig-
kronkelende Visrivier, kondig
sonbesies ’n nuwe dag aan.
Windpompies in die warm Karoolug,
elkeen met sy eie waai
wat vir net ’n bietjie olie skree.
Geen kuiken nog gesien
van die eierklip wat balanseer
op die natuur se skaduwee.
Die Oukop nou versier
met ’n Jesuskruis,
sodat niemand Hom vergeet.
Eensame soldategrafte
in die berge van die kwaggas.
Eenkant ’n huisie,
eens die blyplek van ’n bekende skrywer:
haar ink vloei tot ’n storie
van ’n Afrika-plaas ...
Besoekers wandel deur Markstraat,
soekend na die verlede;
net ’n ou slapie
en om iewers tuis te voel.
Die koffie wag ...
iewers koer ’n kransduif sag.
Langs die oewers van die magtig-
kronkelende Visrivier, kondig
sonbesies ’n nuwe dag aan.
Windpompies in die warm Karoolug,
elkeen met sy eie waai
wat vir net ’n bietjie olie skree.
Geen kuiken nog gesien
van die eierklip wat balanseer
op die natuur se skaduwee.
Die Oukop nou versier
met ’n Jesuskruis,
sodat niemand Hom vergeet.
Eensame soldategrafte
in die berge van die kwaggas.
Eenkant ’n huisie,
eens die blyplek van ’n bekende skrywer:
haar ink vloei tot ’n storie
van ’n Afrika-plaas ...
Besoekers wandel deur Markstraat,
soekend na die verlede;
net ’n ou slapie
en om iewers tuis te voel.
Die koffie wag ...
iewers koer ’n kransduif sag.