Tulbaghweg
Tulbagh se stasie. Naby is die staatsbosse en 'n gebied bekend as Waterval.
Foto's geplaas deur Fanie Marais. Ek het van 1952 tot 1957 op die plaas Uitsig gewoon en die eerste drie jaar skoolgegaan in die geboutjie op die foto, waar daar slegs 12 kinders in die skool was. Die meisie , Ester la Grange wat saam met my in standerd 5 was se ouers het 'n algemene handelaarswinkel en 'n slaghuis op die dorpie gehad. Daar is byna geen huise meer nie, maar 'n perseel van La Grange Vervoer wat deur Ester se ouer broer Gert begin is en later verongeluk het.
Naby die waterval was(is) 'n vakansie-oord Waterfall Guest Farm wat aan die ouers (Jensen) van een van die leerlinge behoort het. Daar was ook permanente inwoners soos (oom) Teddy Dunford by wie ek gereeld besoek afgelê het en wat my mentor in baie dinge was-taalgebrek aan my kant ten spyt. Hy het tydskrifte soos National Geographic en Popular Mechanics ontvang en ek kon ure daarin lees. Teddy het nooit gesê ek is verkeerd nie, maar dat hy sal oplees en dan kan ons gesels. Natuurlik was ek altyd verkeerd, maar hy het dit so aan my oorgedra dat ek dit self agtergekom het en dan het hy my bedank dat ek hom gehelp het om meer te wete te kom- 'n ware vriend en mentor.