McGregor
Foto: Mike Murray
stilte in mcgregor deur Lettie Murray
in ‘n prentjiemooi vallei
tussen berge in die wes-kaap
rus mcgregor -
in 1905 herdoop na ‘n dominee
veertig jaar
in die robertson-distrik
‘n heilige bewuswording
‘n sieletog
het óns daar deurgemaak …
tussen blomvingers en olyf
stadig voete geskuif -
binneste gedelf na die self
in die tuin van temenos
iemand gróter was daar
in die stilte om jou geskaar -
in die lug het Hy gepraat
náby jou gestaan …
materiële nie deel
in meditasie of gebed -
net stilte wat praat
wat nóóit moet end …
sien jy ‘n binneste
‘n pad, ‘n hartklop …
‘n hartklop
tussen jóú en Hom …
in ‘n prentjiemooi vallei
tussen berge in die wes-kaap
rus mcgregor -
in 1905 herdoop na ‘n dominee
veertig jaar
in die robertson-distrik
‘n heilige bewuswording
‘n sieletog
het óns daar deurgemaak …
tussen blomvingers en olyf
stadig voete geskuif -
binneste gedelf na die self
in die tuin van temenos
iemand gróter was daar
in die stilte om jou geskaar -
in die lug het Hy gepraat
náby jou gestaan …
materiële nie deel
in meditasie of gebed -
net stilte wat praat
wat nóóit moet end …
sien jy ‘n binneste
‘n pad, ‘n hartklop …
‘n hartklop
tussen jóú en Hom …