Kogelbaai
Foto: AB Rossouw, Kogelbaai, tussen Gordonsbaai en Rooiels
Mariene-argitek: Kogelbaai deur Nini Bennett
Ingeberg in die stilte
van ‘n introvert, leef jy diggedroom
in jou dop; soms is jy
‘n oorskulp, pampoentjie, ster, sambreel
of ander fosfor-gewelf:
Mariene-momente,
fyngeslypte versierings van die swye,
fort vir die stilte.
Digterwondend word jy kluisenaar
in die vruggebruik van jou dop.
Ingeberg in die stilte
van ‘n introvert, leef jy diggedroom
in jou dop; soms is jy
‘n oorskulp, pampoentjie, ster, sambreel
of ander fosfor-gewelf:
Mariene-momente,
fyngeslypte versierings van die swye,
fort vir die stilte.
Digterwondend word jy kluisenaar
in die vruggebruik van jou dop.