TEATER VAN DIE LEWE/THEATRE OF LIFE
Mense in omgewings- en gemeenskapsverband/People in their environment and community
Mense in omgewings- en gemeenskapsverband/People in their environment and community
Die alledaagse lewer dikwels vlietende kykies in die lewens van verbygangers ... Momente wat bly steek: uniek, maar ook universeel. In die Teater van die Lewe speel ons onsself en af en toe word ons die voorreg gegun om ander vas te vang in die oomblik.
TROETELDIERE
Foto: Myra Lochner, Stokou Kattebaba in die Kompanjiestuin, Kaapstad
Ons troeteldiere bepaal dikwels ons gewoontes en soms ook andersom!
Dit is interessant om te sien watter troeteldiere mense kies.
IN DIE VERBYGAAN ...
Karretjiemense vannie Bokveld
deur Andy Paulse
Hulle issie karretjiemense vannie Bokveld
seervoetstap lywe aangetrek met swaarkry
wys in hulle se oë in hulle praat
hulle hette kar sonner wiele oppe werf sonner lag
‘n jongman se oog
hardloop weg virre selfoonsnap
gooi sy skaam orie vlaktes
wa’ rie skape se dorsblêr
agter rietskraal bossies wei
die antie mettie roulers
rooi pers pienkskaam
onner ‘n blommedoek weggesteek
kykie lewe innie oë halie dapper da yt
‘n ma se trots hou sy in ha hanne vas
geselstrepe oppe armmanshys
kryp weg agter ‘n fancy kinnerfiets
wat met hanneswaar bêrenote
yte skraal paypakkie gebaar is
ogies onner ‘n klossiekep lat smile’it
hulle issie karretjiemense sonner kar
inne lewe mette kroon.
deur Andy Paulse
Hulle issie karretjiemense vannie Bokveld
seervoetstap lywe aangetrek met swaarkry
wys in hulle se oë in hulle praat
hulle hette kar sonner wiele oppe werf sonner lag
‘n jongman se oog
hardloop weg virre selfoonsnap
gooi sy skaam orie vlaktes
wa’ rie skape se dorsblêr
agter rietskraal bossies wei
die antie mettie roulers
rooi pers pienkskaam
onner ‘n blommedoek weggesteek
kykie lewe innie oë halie dapper da yt
‘n ma se trots hou sy in ha hanne vas
geselstrepe oppe armmanshys
kryp weg agter ‘n fancy kinnerfiets
wat met hanneswaar bêrenote
yte skraal paypakkie gebaar is
ogies onner ‘n klossiekep lat smile’it
hulle issie karretjiemense sonner kar
inne lewe mette kroon.
Foto's: Myra Lochner, Kompanjiestuin, Kaapstad.
Grootse moment, vasgevang ... met 'n onbetrokkene heel links.
Grootse moment, vasgevang ... met 'n onbetrokkene heel links.
HART OP REIS ...
MASKERS & KOSTUUMS
Foto: Myra Lochner, Kompanjiestuin, Kaapstad; Kom dans, Klaradyn!