Bethal
Bethal is gestig deur die voorsate van Louis Naudé.
Die foto links is van die spookhuis op die plaas Driehoek, distrik Betha.
1868: Petrus Johannes Naudé, stigter van die dorp Bethal, onderneem ‘n verkenningsekspedisie na die Transvaal met die doel om homself en sy familie later daar te vestig.
1880: Petrus Johannes Naudé, jonger broer van Groot-oupagrootjie Jacob Johannes Naudé, stig die dorp Bethal.
Ontstaan van die naam: Die Beth- is afkomstig van Elizabeth du Plooi, vrou van die medestigter Cornelius Michiel du Plooi, en die -al is afkonstig van Petrus Johannes se vrou, Alida Joubert. Mens kan eintlik verwag dat die oumense in Bethal nie mooi die hele storie moet ken nie, want dit was dekades voor hul geboorte. Petrus Johannes is reeds in 1890 oorlede
Groot-oumagroojie Gerbrecht, ouma Sannie se ma, het in haar jonger dae voorspel dat die mens nog eendag sou vlieg. “Ek het julle mos gesê!” was haar kommentaar toe ‘n ligte vliegtuig in 1920 in Bethal kom land het. Selfs die skole is vir ‘n rukkie gesluit sodat die kinders die “lugskip” kon sien.
Uittreksels uit kerkraadsnotules van die Bethal-moedergemeente:
• Die jongedogter Johanna Maria Naudé (spesifieke verwantskap onbekend, maar heel moontlik ‘n susterskind van ouma Sannie) is deur die heer Christoffel Scheepers onsedelik aangerand. Hy weier om voor die kerkraad te verskyn. Geen verdere feite is bekend nie. Dit moes seker ‘n geweldige skande in daardie tyd (1909) gewees het.
• Die heer D Naudé word vir 9 maande deur die kerkraad onder sensuur geplaas omdat hy “in gemeenschap geweest te zyn met mevrou Oneel.” Die lewensles uit hierdie karige feite is dat D Naudé sy skuld bely het en die kerkraad versoek het om sy straf so gou moontlik uit te dien. Hoe en of hy naby familie was, is nie bekend nie, maar wel die beskaafde heer se grootsheid om sy oortreding te erken, sy straf soos ‘n man te vat, en om dit gewillig uit te dien.
Die vroegste Naudé-intrekkers in die Transvaal was bykans almal boere. Petrus Johannes Naudé en sy groot gesin, asook ander verwante, het hulle in Bethal in die Oos-Transvaal gevestig. Hulle oorspronkike grond het die naam Naudésfontein gekry.
Elke belangrike historiese tydperk word gekenmerk deur sy eie kultuur, eise, verantwoordelikhede, bedreigings en geleenthede. Deur hierdie invloede deeglik te ontleed, word nuwe waarde toegevoeg en nuwe betekenis en inhoud aan die verlede gegee.
Soms verstaan mens nie ‘n bepaalde optrede of gebrek daaraan nie mooi nie, maar deur dit te ontleed en te toets aan die eise van die tyd, word begrip aansienlik verbeter. Om iemand bloot as ambisieloos af te maak in ‘n tyd toe plase versnipper is, is dalk onregverdig. Tog, in hierdie tyd het ander lede van die familie vooruitgeboer en groter gestalte aan hul rentmeesterskap op aarde gegee. In tye van gemeenskaplike bedreigings het mense saamgestaan, ander nie. So het elke historiese gebeurtenis ‘n unieke vormende invloed op die familie gehad. Die grootste gevaar bly egter om te veralgemeen en mense bloot uit te lewer aan die gebeure van die tyd. Leiers het bly uitstyg bo die beperkings wat die massamens daagliks in die gesig staar en nuwe gestalte gegee aan die toekoms.
So het Petrus Johannes Naudé, groot-oupagrootjie se jonger broer uitsonderlike entrepreneurskap aan die dag gelê en die dorp Bethal gestig. Oupagrootjie Jacobus Petrus Naudé het ook teen die stroom beweeg en nuwe welvaart geskep nadat hy feitlik alles in die Anglo-Boereoorlog verloor het. Ander weer het hulle grootliks aan die ontvangkant van die lewe geskaar en sodoende aansienlik minder nagelaat as wat hulle ontvang het. So is die lewe, baie volg maar min lei werklik.
Die nasate van die Naudé-familie is talryk. Dit is duidelik volgens die geseënde aanwas wat uit twee stamvaders voortgebring is. Die rekord in ons tak van die familie word deur oupa Lewies en ouma Sannie gehou met ‘n kroos van 16 waarvan 12 volwasse ouderdom bereik het. Hulle ewenaar egter net die rekord wat in die vorige eeu reeds deur die stigter van Bethal, Petrus Johannes Naudé, en sy vrou opgestel is.
Ten slotte, hier is ietsie interessants uit die familiegeskiedenis. Die hoofkarkter is my oumagrootjie.
Gerbrecht
Jou somber beeld
ets pyn af teen die
dowwe kiekiemuur
Jou hande wys die
was en aanhou
was in kouewater
Jou oë is strak, vol goeie
evangelie: genegawes
van jou groot familie
Jou tenger lyf was
eenmaal jonk, so
lees ek in die boek
In die stiltetyd van
majesteit Victoria
lank voor broeikaste
vloei uit Calvinisties-
uitgesoekte genepoel
die volle evangelie:
‘n fris knaap knap
‘n halfjaar na
die eg gebore

Bethal deur Louis Naudé
Grootjies skep
uit niks 'n dorp
vernoem dit
na twee tantes
Die boek se
boereparadys
vergeel, verdof
‘n plakkerskamp
kruip nader
Kinders staan
verwonderd oor
verval, blykbaar
twee geslagte al
Driehoek deur Louis Naudé
Plaas in Bethal
Baie liefde volop
oeste skape en
helaas genade
Groot gesinne
reeds geslagte
lank ‘n bate
Oorlog bloed
depressie en
versnipper
armoede vyftig
lappies grond
helaas genade
vervolmaak die
kuns van teel
en onderverdeel
aan die einde van
dié lang ketting
erf jy nét genade
Grootjies skep
uit niks 'n dorp
vernoem dit
na twee tantes
Die boek se
boereparadys
vergeel, verdof
‘n plakkerskamp
kruip nader
Kinders staan
verwonderd oor
verval, blykbaar
twee geslagte al
Driehoek deur Louis Naudé
Plaas in Bethal
Baie liefde volop
oeste skape en
helaas genade
Groot gesinne
reeds geslagte
lank ‘n bate
Oorlog bloed
depressie en
versnipper
armoede vyftig
lappies grond
helaas genade
vervolmaak die
kuns van teel
en onderverdeel
aan die einde van
dié lang ketting
erf jy nét genade