Keiserstrand
Foto-kollage: Susan Smith
'n Paar jaar gelede het ek begin grawe agter die storie en die wetenskap van die gaatjies in die rotse - die tafoni. Met die collage van Keiserstrand het ek probeer om die atmosfeer en emosie wat die plek by my ontketen, vas te lê.
Keiserstrand tafoni deur Susan Smith
op die geologiese tydskaal van die heelal
teel klip toe nie so swaar nie
neem dit die rotskus nie veel meer nie as ’n duisend jaar
om ’n paar meter terug te tree:
ellipsoïed en sferies die heuningkoekholtes
waar sout en mikroskopies-klein ione kristalleer
waar graniet en basalt geomorfologies
tot evolerende tafoni verweer
miskien is dit in dié selforganiserende verweerpatroon
dat ek die spaarsamige energie kan sien
van tyd en ruimte en plek
by 32°58' suid