Tesselaarsdal
Foto: Theo du Preez
Tesselaarsdal deur Theo du Preez
Neffens Maanskynkop se skouerblaaie
skuins agter die vark se snoet
lê 'n vallei so mooi
en ongeskonde
skoon weggesteek
van priemende oë
Die inwoners koester dit jaloers
inkommers met agterdog bejeën
Maar is jy Carelse, Julies of Swart
word familiesake ounag uitgelê
met koffie op die koolstoof of ope vuur
Die teerpad van 80 meter lank
van die weinig luukses tussen
die eeuoue sandsteengeboue
Die vervalle Poskantoor
circa agtien tien
roep woordeloos na die posman op sy ros
Hermanus se seesand
en Stanford se stowwe
kleef lafhartig aan sy maanhare
met skuim uit sy bek
en stoom uit sy neusgate
Jou ouma se ouma het vertel
van die 6 myl per voet
oor die kruin
van die Kleinrivierberg
reeds in die nanag vertrek
gedos in kerkhoed en
deurtrapte Sondagskoene
om regop en trots
die koue houtbank
vol te sit
vir jou sondes
van die laaste sewe dae
Waar die Bloukraanvoël kordaat pronk
en die golwe lusern ritmies wieg
in die soel lentebriesie
daar vind jy jouself
rus vir jou siel
kalmte vir jou gemoed
Hoe jy daar gekom het
deur Hemel-en-Aarde
of Solitaire of Caledon
maak skielik nie meer saak nie
Hoe lank jy kan bly
die rustigheid en stilte ervaar
die geskiedenis herleef
aan 'n grashalmpie kou
terwyl jy jou gejaagde bestaan herbesin
Te gou loop jy sleepvoet terug
so lank uitgestel soos wat jy kan
die stad roep
hy soek jou tyd en jou geld
maak solank planne
maar na Tesselaarsdal
keer jy altyd weer
en weer terug
dit is in die sterre
van die wolklose hemel
met seringsap geskryf ...
Neffens Maanskynkop se skouerblaaie
skuins agter die vark se snoet
lê 'n vallei so mooi
en ongeskonde
skoon weggesteek
van priemende oë
Die inwoners koester dit jaloers
inkommers met agterdog bejeën
Maar is jy Carelse, Julies of Swart
word familiesake ounag uitgelê
met koffie op die koolstoof of ope vuur
Die teerpad van 80 meter lank
van die weinig luukses tussen
die eeuoue sandsteengeboue
Die vervalle Poskantoor
circa agtien tien
roep woordeloos na die posman op sy ros
Hermanus se seesand
en Stanford se stowwe
kleef lafhartig aan sy maanhare
met skuim uit sy bek
en stoom uit sy neusgate
Jou ouma se ouma het vertel
van die 6 myl per voet
oor die kruin
van die Kleinrivierberg
reeds in die nanag vertrek
gedos in kerkhoed en
deurtrapte Sondagskoene
om regop en trots
die koue houtbank
vol te sit
vir jou sondes
van die laaste sewe dae
Waar die Bloukraanvoël kordaat pronk
en die golwe lusern ritmies wieg
in die soel lentebriesie
daar vind jy jouself
rus vir jou siel
kalmte vir jou gemoed
Hoe jy daar gekom het
deur Hemel-en-Aarde
of Solitaire of Caledon
maak skielik nie meer saak nie
Hoe lank jy kan bly
die rustigheid en stilte ervaar
die geskiedenis herleef
aan 'n grashalmpie kou
terwyl jy jou gejaagde bestaan herbesin
Te gou loop jy sleepvoet terug
so lank uitgestel soos wat jy kan
die stad roep
hy soek jou tyd en jou geld
maak solank planne
maar na Tesselaarsdal
keer jy altyd weer
en weer terug
dit is in die sterre
van die wolklose hemel
met seringsap geskryf ...