Rosendal
Foto: De Wet Herselman, House Beautiful, Rosendal.
'n Reis deur De Wet Herselmann
Vry vertaal uit ‘n Engelse artikel wat ek ‘n paar jaar gelede vir Leisure Wheels geskryf het.
My mees onlangse plattelandse rit het ‘n stukkie Oos-Vrystaat ingesluit voor ek die langer pad na Wartrail, in die Witteberg-area van die Oos-Kaap aangepak het. Nadat ek Heleen vyfuur die Vrydagmiddag in Sandton opgelaai het, het ek die bakkie se neus suid gedruk, rigting Heilbron, waar ek tydelik verdwaal het! Ek moet bieg dat dit nogals snaaks is om, met al die elektronika van GPS, ‘n voorafbepaalde en toegevoerde roete en op ‘n stuk pad wat ek al baie keer gery het en selfs baie goed ken, steeds die elektronika gewantrou het en my eie kop gevolg het. Maar dit is mos ‘n veelbesproke ‘man-ding’ as dit by padsoek kom en daarom beskou ek myself as onskuldig.
Ek wou graag die grondpad oor Petrus Steyn volg. Dit was reeds donker en terwyl Meatloaf oor die iPod aspris was met sy ‘we should have been home by now’, het ek geweet Dora wag in Rosendal by die gastehuis. Ek kon nie lekker besluit tussen die 'donker en grondpad' of 'vinniger en teer' nie. My voorkeur is altyd grond.
Na my tydelike verdwaal het die S219 en S1296 my egter weer vining op pad Lindley toe gehad, net om ‘n entjie verder deur ‘n boer en sy voorbrande vertraag te word. Die rook was so intens en die vuur so naby die pad, dat dit ons 30 minute geneem het voor ek baie versigtig met uiters beperkte sig verby kon kruie. Sonder enige verdere voorval het ek Rosendal veilig bereik en onmiddelik die heerlike warm bad, bottel rooiwyn en warm beddens van House Beautiful misbruik.
Die volgende oggend, terwyl die res van die familie opstaan en mooi-maak, het ek ‘n lekker lang gesprek met ene mnr. Kriek in die middel van die straat in Rosendal gevoer. Hy het doodeenvoudig sy bakkie (oeps nee, dis die Vrystaat die, dus trokkie; ‘n bakkie is mos daai ding waaruit ‘n hond drink) in die middel van die straat langs my gestop, my begin uitvra oor watse foto's ek neem en vir my staaltjies van die dorp, die NG Kerk met sy 52 lidmate, die weiding en die weer met tipiese plattelandse gasvryheid begin vertel.
Na ‘n massiewe plaasontbyt, kompleet met wors, pap, eiers, moerkoffie en beskuit spring ons weer indie pad. Vandag is dit die asemrowende Maluti roete al langs die Lesotho grens af rigting New England en Wartrail. Aangesien ek die Lundin’s Neck pas nie in die donker wou ry nie, het ek besluit om die deel bloot op die teer gebly en die asemrowende prag van die sandsteen en grashange om ons te geniet. Wel, natuurlik het ek eers by die padstal buite Clocolan gestop vir biltong, beskuit en konfyt.