Beaufort-wes
Foto voorsien deur Marcus Jorin Peters
Die Kruistog deur Marcus Jorin Peters
In Beaufort-Wes staan 'n kerkie
in die hoofstraat, die klok werk nie
die gewel trots skerp en fier
dis binne leeg, net die preekstoel tuur
Eens die hart van die sending
nou geen lidmaat, geen enkeling
loer artefakte in glaskaste na jou
die hartklop is weg, 'n leë gebou
Hoe graag wou die eerwaarde
die kerk behou en skat na waarde
sy lammers verstrooi en vervreem
die kerkmense se anker ontneem
Sien ek nog hoe wit rokke dans
volksdanse in die kerkie saans
is godswoning skreiend ontheilig
deur 'n landswet wreed onheilig
Vandag, is dit die dorpsmuseum
kerkie en lidmate steeds vervreem
eerwaarde A.H. Barnard bly ween
wil die herder sy kudde huis toe neem
In Beaufort-Wes staan 'n kerkie
in die hoofstraat, die klok werk nie
die gewel trots skerp en fier
dis binne leeg, net die preekstoel tuur
Eens die hart van die sending
nou geen lidmaat, geen enkeling
loer artefakte in glaskaste na jou
die hartklop is weg, 'n leë gebou
Hoe graag wou die eerwaarde
die kerk behou en skat na waarde
sy lammers verstrooi en vervreem
die kerkmense se anker ontneem
Sien ek nog hoe wit rokke dans
volksdanse in die kerkie saans
is godswoning skreiend ontheilig
deur 'n landswet wreed onheilig
Vandag, is dit die dorpsmuseum
kerkie en lidmate steeds vervreem
eerwaarde A.H. Barnard bly ween
wil die herder sy kudde huis toe neem
Karoo-gebed deur Marcus Jorin Peters
'n vergete ou plaashek
bid elke koue winter
'n gebed van gister
om genade te wek
hoekpaal-hande vou
drade van genade
in winternag se skade
waar ryp weiding knou
onthou die somerreën
vir die winterweiding
verlig karoobos-lyding
mildelik soos voorheen
laat my opslag pryk
lammers vet kan wei
deur die Skepper berei
dan sal droogte wyk
'n vergete ou plaashek
bid elke koue winter
'n gebed van gister
om genade te wek
hoekpaal-hande vou
drade van genade
in winternag se skade
waar ryp weiding knou
onthou die somerreën
vir die winterweiding
verlig karoobos-lyding
mildelik soos voorheen
laat my opslag pryk
lammers vet kan wei
deur die Skepper berei
dan sal droogte wyk
Karoo-Kaskade deur Marcus Jorin Peters
êrens vandaan gunter
vonkeldruppels drentel
waar droogte verflenter
warrelwinde stof wentel
kampe dor deurwinter
karoobos in sak en as
die nood bly slenter
waar groenigheid was
die horison vol belofte
die damwal se dooie kors
lusern aangery in skofte
karooplaas se droë dors
galop die blitse en donder
vroeë somerreëns stort
ontluik dié barre wonder
waar woestyn 'n lushof word
êrens vandaan gunter
vonkeldruppels drentel
waar droogte verflenter
warrelwinde stof wentel
kampe dor deurwinter
karoobos in sak en as
die nood bly slenter
waar groenigheid was
die horison vol belofte
die damwal se dooie kors
lusern aangery in skofte
karooplaas se droë dors
galop die blitse en donder
vroeë somerreëns stort
ontluik dié barre wonder
waar woestyn 'n lushof word
Mooiweersvriend deur Marcus Jorin Peters
Jy't die Karoo se drumpel
vannag deurgetrap
orals word wonde gelap
blare lê verskrompel
Sinkplate rondgeklap
bome wreed ontwortel
jy was barbaars vermetel
jou ware self het jy verklap
Rof en stof
skorrie-morrie
skollie
boef jy is onbeskof
Nét stofspore wat nou rondlê
windlawaai
ja, jouself verraai
wie wil jou as vriend nog hê?
Jy't die Karoo se drumpel
vannag deurgetrap
orals word wonde gelap
blare lê verskrompel
Sinkplate rondgeklap
bome wreed ontwortel
jy was barbaars vermetel
jou ware self het jy verklap
Rof en stof
skorrie-morrie
skollie
boef jy is onbeskof
Nét stofspore wat nou rondlê
windlawaai
ja, jouself verraai
wie wil jou as vriend nog hê?