SOWETO
Foto: Mellet Moll
Betoog deur Mellet Moll
Daar is nog tekens dat dit anders was:
vanaf Naledi na Orlando-Wes
volg ek, die pelgrim, nou die lydensweg
langs kindergrafte wat verstof tot stof
tussen die bloed van Hector Pieterson
se offerande aan die weerloses.
Hier waar sy naam in marmer staan vertel
die straatverkopers die verhaal vir my
en ek ruik weer die dood se stil betoog:
die Comrades wat uit Vilakazi-straat
op Meadowlands se roepstem reageer
en dreunsing langs die torings onderweg.
Verby Moroka staan Regina Mundi
as vesting vir die kuddes van weleer
wat pendel tussen onderland en lig.
Die taxi ranks van Pimville is nou stil
hoewel die kwaito steeds die ritme puls
van die vergifnis wat my steeds ontwyk.
En by die Shell-garage in Hani-straat
deel ek 'n Coke met Vusi voor ek gaan.
My moedertaal laat sak haar kop en swyg
in skaamte soos 'n droë wit seisoen.
Daar is nog tekens dat dit anders was:
vanaf Naledi na Orlando-Wes
volg ek, die pelgrim, nou die lydensweg
langs kindergrafte wat verstof tot stof
tussen die bloed van Hector Pieterson
se offerande aan die weerloses.
Hier waar sy naam in marmer staan vertel
die straatverkopers die verhaal vir my
en ek ruik weer die dood se stil betoog:
die Comrades wat uit Vilakazi-straat
op Meadowlands se roepstem reageer
en dreunsing langs die torings onderweg.
Verby Moroka staan Regina Mundi
as vesting vir die kuddes van weleer
wat pendel tussen onderland en lig.
Die taxi ranks van Pimville is nou stil
hoewel die kwaito steeds die ritme puls
van die vergifnis wat my steeds ontwyk.
En by die Shell-garage in Hani-straat
deel ek 'n Coke met Vusi voor ek gaan.
My moedertaal laat sak haar kop en swyg
in skaamte soos 'n droë wit seisoen.