THEEFONTEIN
Theefontein deur Nini Bennett
Vir Antoinette Pienaar
“My klere het afgesak tot bokant my knikkels;
my klere was nie meer paslik nie…toe sê die Oom
ek sal my gesond stap saam met die spoorsnyer,
en leer nou die paadjies: ‘n meerkat, enige kat,
het ‘n blommetjiesspoor en ‘n jakkels ‘n spits spoor.
En so skoffel ek die pad vir vier jaar
met my olienhoutkierie en pluk Katjiedrieblaar,
Boesmanwillekeur, Kankerbossie…die binnelandskap
het ontvou en die stilte was baie hard. Om poetry
te leef is die stilte hard. Luister na die kruie,
hulle vra: pluk my asseblief, dat ek my werk kan doen.
Die Oom sê as ek weer by my klere uitgekom het,
is ek mens…Jy kan nie kleingelowig wees
in die Karoo nie. Nee, ek is nie ‘n sjamaan of sangoma
nie, dis oorsese woorde daai. Hier is baie toornaars
in die Karoo. Ek is net lief vir my kruie en luister
wat die bossies vir my sê. Hier is die stilte baie hard.”