Clanwilliam
‘n Clanwilliam-psalm deur Ester le Roux
2014: Clanwilliam, 200 jaar-fees @ Ester le Roux
Tussen die Blomkerk en die Ou Tronk
raak die oggendson vaardig oor die Krakadouw
en groei die skare, soos bougainvilleas oor die kerkmuur
in die smalle hoofweg, wat breë borskaste winduit druk
en skouers bloedsweet om den brode skuur
tussen prokureur, geneesheer en bankier
Voor St John, waar ou-ou bome doop in skaduwees
(van die preekstoel tot die galg!)
en sonkolle verblindend op die kerk se klipmuur skryf
trek die middag week in die geur van rooibos
en Wupperdal-sendingvellies riemknoop veters
agter skape, wat dorstig teen Karookop, kraal toe blêr
In die reukwerk van aandkoeltes bokant sitrusboorde
prys die werke van hul hande pelgrims uit die voortyd
en as die nag rivierbosse insypel en tarentale hul sit kry
raak dit stil in die wete: ‘n vaste Burg is onse God –
ook hier, op Clanwilliam
Krakadouw – Deel van Sederberg, oos van die dorp
Blomkerk – Ou Nederduits Gereformeerde Kerk
St John – Anglikaanse Kerk
Wupperdal – Duitse Sendingstasie, waar ‘n veldskoenfabriek tot kort gelede, in bedryf was.
https://www.facebook.com/pages/Clanwilliam-Western-Cape/109660092393238