Sabie
Terloopse gedagtes tydens ’n visvangoggend in Sabie deur Fred Boshoff
Sabie in Julie is ’n gemoedstoestand.
In die Hoëveld is dié tyd van die jaar
’n droë vaal triestigheid,
maar hier op Sabie is alles
’n malse uitblom na vrugtigheid.
’n Oordadigheid van skoonheid en vrugbaarheid.
Hier tussen die klanke van vallende water
in die legio watervalle,
die kartelende waterstrome,
die groen plantasies,
en die knypblou lug
met die majestueuse cumuluswolke,
is Julie dié tyd van die jaar.
Die oggend vind my
in ’n rivertjie buite Sabie
en forele vang.
Dit is ’n stil oggend
met net die klank van water
en die blare
wat in die rustige windjie ritsel.
Dié oggend.
Dié uur.
Dié stilte.
’n Mens wil nie eens begin
om die ruwe skoonheid
en stilte
te beskryf nie.
Dis asof die be-skryf daarvan
iets van die dag sou laat verwyn,
sou laat wegkantel
na net nog ’n blote belewenis.
Die dag is net.
Iets kan mos maar net wees,
sonder om dit te wil verwoord.
Net wéés in die helder spelonke van die gemoed.
Stilte is soms baie sterker as woorde.
Nie eens denke nie, net beleef.
Stilte is soos ’n ruisende rivier
wat ons uitnooi
om vreesloos
in sy uitlokkende dieptes te duik.
Daarbinne is dit donker
en vol misterie,
maar in daardie stil duister
kry ons nuwe oë,
kyk ons nuut.
Daar vind ons die siel van God:
stil, ewig al om ons.
Ons word weer gebore,
hernuwe,
skoongewas
in die rivier van stilte.
Daar is sommiges wat die stilte vrees.
Vir hulle is dit ’n vreemde,
dreigende land.
Soms is dit goed om
’n kwantum sprong na die onbekende te waag.
Oefen elke dag om te spring.
Daar spring forelle
nou uit die rivier:
uitbundig,
baldadig.
Wesens van die lig,
Wesens van die lig.
Sabie in Julie is ’n gemoedstoestand.
In die Hoëveld is dié tyd van die jaar
’n droë vaal triestigheid,
maar hier op Sabie is alles
’n malse uitblom na vrugtigheid.
’n Oordadigheid van skoonheid en vrugbaarheid.
Hier tussen die klanke van vallende water
in die legio watervalle,
die kartelende waterstrome,
die groen plantasies,
en die knypblou lug
met die majestueuse cumuluswolke,
is Julie dié tyd van die jaar.
Die oggend vind my
in ’n rivertjie buite Sabie
en forele vang.
Dit is ’n stil oggend
met net die klank van water
en die blare
wat in die rustige windjie ritsel.
Dié oggend.
Dié uur.
Dié stilte.
’n Mens wil nie eens begin
om die ruwe skoonheid
en stilte
te beskryf nie.
Dis asof die be-skryf daarvan
iets van die dag sou laat verwyn,
sou laat wegkantel
na net nog ’n blote belewenis.
Die dag is net.
Iets kan mos maar net wees,
sonder om dit te wil verwoord.
Net wéés in die helder spelonke van die gemoed.
Stilte is soms baie sterker as woorde.
Nie eens denke nie, net beleef.
Stilte is soos ’n ruisende rivier
wat ons uitnooi
om vreesloos
in sy uitlokkende dieptes te duik.
Daarbinne is dit donker
en vol misterie,
maar in daardie stil duister
kry ons nuwe oë,
kyk ons nuut.
Daar vind ons die siel van God:
stil, ewig al om ons.
Ons word weer gebore,
hernuwe,
skoongewas
in die rivier van stilte.
Daar is sommiges wat die stilte vrees.
Vir hulle is dit ’n vreemde,
dreigende land.
Soms is dit goed om
’n kwantum sprong na die onbekende te waag.
Oefen elke dag om te spring.
Daar spring forelle
nou uit die rivier:
uitbundig,
baldadig.
Wesens van die lig,
Wesens van die lig.