KABELJAUWSRIVIER
Foto: Ellen Margaret Hancke
Kabeljauwsrivier deur Ellen Margaret Hancke
en die see het het geneem
en die see sal weer teruggee ...
(die bitterals hou die wag
op Kabeljauws se strandmeer
met my hartsbrokke in pag)
wanneer jy met alles binne jou vassteek,
teenstribbel as die lewe se poppemeester
jou poog inkatrol aan die vislyn van vreugde
waarom sou jy so balhorig teenstribbel
om nog net een keer landwaarts te keer,
vir hoekom sou jy freneties terug wil vin
na die diep donkertes van Poseidon se purper
as son en saffier n plesierige polka dans
op loomwarme skulpbestooide sandstrand
waar seemeeue laflag krys (of is dit straks kras)
oor die blink sardienlywe vlietendvlegtend
in die vlakwater tussen kelp en seegras ...
om watter rede sou jy die kolkende seegraf
wil kies bo die kabbeling van vlak branders
klewendkielie aan kuite van strandstappers,
getye klotsend lipskuim los om grys rotse wat
skuiling bied aan krap, allikreukel, mossels, oesters
waarom wil jy terugdu na stormwaters wat skepe insluk
malende kolke wat drenkelinge na nede wil afsuig
en gevange hou in die donker kelders waar
skeepswrakke meerminne se geheime bewaar
mensflenters veilig in gegrendelde skatkiste vergaar
waarom sou n mens met heimwee na die see staar
immer daarheen terugverlang, die indigo dieptes intuur
waar die gevinde, getande grysgevaar habiteer
skreefoog wagtend vir rob en ander geskubtes
jou ook dalk kan vergis as geinkte op Neptunis se spyskaart
miskien is daar in jou gebeentes slegs kraakbeengraat
die heetbloedigheid as mamalia na viskoud gemetamorfiseer,
eintlik het ek dit lankal geweet: ek is uitgeskot deur die see,
my binneste in swart pêrelvorm wagtend op uitverkore strandloper
die opteller van my hart wat ek toentertyd broksgewys verloor het
aan die monding van die Kabeljauwsrivier
tussen riete en reiers, flaminke en kiewiete
tussen die openinge van moddergarnale se gaathuisies
gepadpredikant deur die sleepspore van hermietkrappe,
daar sal my stukke se optel my weer heler maak ...