Nelspruit
van die Krokodilstad deur Frederik Rudolph van Dyk
durf ek tongel
van hierdie tyd
hierdie Nelspruit
(want geseg 'hierdie ruimte' is my nie beskore)
waar bosveldloeries seen afwapper
oor die snelgroeiende skilpadstad
die sierlike pouveerplek
hier slaan die immigrante flambojant
sy wortels in lanings vas
en produseer voor die neuse van braaivleis-politici
en hier is geleenthede
tussen winde van suikerriet-saad en stuif
hier is niesreent wat jou hare bevrug
hier was nog altyd vrugbare valleie
hier is tande van geld- en goddelike groei
en skole soos pote
en 'n waterskubstert wat,
ewe meanderlik, ons diepste dasein
'n liefstekie gee
durf ek tongel
van hierdie tyd
hierdie Nelspruit
(want geseg 'hierdie ruimte' is my nie beskore)
waar bosveldloeries seen afwapper
oor die snelgroeiende skilpadstad
die sierlike pouveerplek
hier slaan die immigrante flambojant
sy wortels in lanings vas
en produseer voor die neuse van braaivleis-politici
en hier is geleenthede
tussen winde van suikerriet-saad en stuif
hier is niesreent wat jou hare bevrug
hier was nog altyd vrugbare valleie
hier is tande van geld- en goddelike groei
en skole soos pote
en 'n waterskubstert wat,
ewe meanderlik, ons diepste dasein
'n liefstekie gee