MY LAND SOUTH AFRICA
  • TUISBLAD/HOME
    • Trots Suid-Afrika/Proudly SA
  • WES-KAAP/Western Cape
    • Abbotsdale
    • Albertinia
    • Amaliënstein
    • Ashton
    • Arniston >
      • Kassiesbaai
      • Waenhuiskrans
    • Askraal
    • Atlantis
    • Ashton
    • Aurora
    • Avontuur
    • Baardskeerdersbos
    • Barrington
    • Barrydale
    • Beaufort-Wes
    • Bellville
    • Bettysbaai
    • Birkenhead
    • Bitterfontein
    • Blanco
    • Bloubergstrand
    • Boggomsbaai
    • Bonnievale
    • Botrivier
    • Brandwag (Brandwacht) >
      • Ruiterbosch >
        • Eight Bells, Ruiterbosch
    • Bredasdorp
    • Brenton-on-Sea
    • Brittaniabaai
    • Buffeljagsrivier
    • Buffelsbaai
    • Caledon
    • Calitzdorp >
      • Kruisrivier, dist. Calitzdorp
    • Ceres >
      • Ceres-Karoo
      • Oubergpas (tussen Sutherland en Tankwa-Karoo)
    • Citrusdal
    • Clanwilliam >
      • Sederberg
    • Constantia
    • Daljosafat
    • Danabaai
    • Darling
    • De Doorns
    • De Rust
    • De Vlugt
    • Die Kelders
    • Doringbaai
    • Durbanville
    • Dysselsdorp
    • Dwarskersbos
    • Ebenhaezer
    • Eendekuil
    • Elandsbaai
    • Elgin
    • Elim
    • Fisherhaven
    • Franschoek
    • Franskraalstrand
    • Friemersheim
    • Gansbaai
    • George >
      • Outeniqua
    • Glentana
    • Goedverwacht
    • Gordonsbaai
    • Gouda
    • Gouritsmond
    • Graafwater
    • Greyton
    • Groot-Brakrivier
    • Groot-Jongensfontein
    • Grottobaai
    • Hartenbos
    • Harkerville
    • Hawston
    • Heidelberg
    • Herbertsdale
    • Hermanus
    • Hermon
    • Herold
    • Heroldsbaai
    • Hoeko
    • Hoekwil
    • Hopefield
    • Hotagterklip
    • Houtbaai
    • Infanta
    • Knysna >
      • Knoetzie
    • Jacobsbaai
    • KAAPSTAD/ Cape Town >
      • Bo-Kaap
      • Kalkbaai
      • Tafelberg
    • Keurboomstrand
    • Ladismith
    • Langebaan
    • Lambertsbaai
    • Macassar
    • McGregor
    • Melkbosstrand >
      • Mosselbaai
    • Muizenberg
    • Merweville
    • Oudtshoorn >
      • Gamkaskloof
      • Swartbergpas
      • Meiringspoort
    • Paternoster
    • Philadelphia
    • Plettenbergbaai
    • Porterville
    • Prince Albert
    • Rawsonville >
      • Goudini >
        • Slanghoekberg & Badsberg
    • Riebeek-Wes
    • Riversdal
    • Riebeek-Kasteel
    • Rooi Els >
      • Kogelbaai
    • Strand >
      • Strand (Melkbaai)
    • Struisbaai >
      • Agulas
    • Tesselaarsdal
    • Tulbagh >
      • Tulbaghweg
    • Velddrif >
      • Laaiplek
    • Wildernis
    • Worcester
  • OOS-KAAP/ Eastern Cape
    • Addo
    • Baviaanskloof
    • Cradock
    • Graaff-Reinet
    • Jeffreysbaai
    • Lady Grey
    • Middelburg Oos-Kaap >
      • GAUTENG >
        • Akasia
        • Alberton
        • Bapsfontein
        • Benoni
        • Brakpan
        • Bronkhorstspruit >
          • Wilgerivier, naby Bronkhorstspruit
        • Carletonville
        • Centurion
        • Cullinan
        • Daveyton
        • Dennehof
        • Devon
        • Diepsloot
        • Edenvale
        • Ennerdale
        • Fochville
        • Ga-Rankuwa
        • Germiston
        • Hammanskraal
        • Heidelberg
        • Henley-on-klip
        • Irene
        • Johannesburg >
          • Walter Sisulu Botaniese Tuin
        • Kemptonpark
        • Kleinfontein
        • Krugersdorp
        • Lenasia
        • Maanhaarrand
        • Mabopane
        • Mamelodi
        • Meyerton
        • Midrand
        • Modderfontein
        • Nigel
        • Pretoria
        • Randburg
        • Randfontein
        • Randvaal
        • Roodepoort
        • Sandton
        • Sebokeng
        • Soshanguve
        • Soweto
        • Springs
        • Temba
        • Tembisa
        • Venterspos
        • Westonaria
        • Vanderbijlpark
        • Vereeniging
      • Grootfontein
    • Oos-London >
      • Keiserstrand
    • Nieu Bethesda
    • Port-Elizabeth
    • Port St. Johns
    • Tsitsikamma
    • St Francisbaai
  • NOORD-KAAP/Northern Cape
    • Augrabies >
      • Augrabiese valle
    • Britstown
    • Calvinia
    • Carnavon
    • De Aar
    • Kimberley
    • Nieuwoudtville
    • Upington
    • Victoria-Wes
  • NOORD-WES/North West
    • Amalia
    • Biesiesvlei
    • Babelegi
    • Bakerville
    • Barberspan
    • Beestekraal
    • Bloemhof
    • Boetsap
    • Bray
    • Brits
    • Christiana
    • Coligny
    • De Wildt
    • Delareyville
    • Groot-Marico
    • Mafikeng
  • VRYSTAAT/Free State
    • Arlington >
      • Arlington kosmosse
    • Bethlehem
    • Bethulie
    • Bloemfontein
    • Brandberg
    • Harrismith
    • Clarens
    • Ficksburg
    • Fouriesburg
    • Frankfort
    • Harrismith
    • Koffiefontein
    • Maselsfontein
    • Parys
    • Philippolis
    • Rosendal
    • Tweespruit
    • Verkykerskop
  • KWAZULU-NATAL
    • Durban >
      • Doonside Strand
    • Dundee >
      • Dundee (Stillerus)
    • Howick
    • St. Lucia
    • Winterton
  • MPUMALANGA
    • Bethal
    • Dullstroom
    • Groblersdal
    • Lydenburg
    • Nelspruit >
      • Botaniese Tuin/Botanical garden
    • Pelgrimsrus
    • Sabie
  • LIMPOPO
    • Polekwane
    • Tzaneen >
      • Wolkberg (Tzaneen)
  • SKOUSPEL/SPECTACLE
    • ONS PLASE/OUR FARMS >
      • Drieleliefontein
      • Plaas Protea in die Koo-vallei
    • DAMME, RIVIERE, MERE, VALLEIE & WATERVALLE/ DAMS, RIVERS, LAKES, VALLEYS & WATERFALLS >
      • Angel Falls, Oos-Kaap
      • Blyderivier
      • Gamtoosvallei
      • Gariepdam
      • Kabeljauwsrivier
      • Keisie-vallei
      • Kowie-rivier, Oos-Kaap
      • Krokodilrivier
      • Oranjerivier
    • MURASIES
    • OOR ONS EWIGE GEBERGTES >
      • Drakensberg
      • Magaliesberg
    • ONS NASIONALE PARKE/OUR NATIONAL PARKS >
      • Golden Gate
      • Krugerwildtuin >
        • Satara
      • Mapungubwe
    • ONS WOUDE/OUR FORESTS
    • ONS NASIONALE BOTANIESE TUINE en BLOMSTREKE
    • ONS NATUURRESERVATE
    • Teebus en Koffiebus
    • Theefontein
    • ONS TEATERS >
      • Markteater, Johannesburg
    • OORSTAANPLEKKE
  • Gebiedsprofiele
    • AUGRABIES
    • NAMAKWALAND
    • OOS-VRYSTAAT & LESOTHO
    • TANKWA
    • TUIN VAN EDEN
  • TEATER VAN DIE LEWE
  • INHEEMSE FLORA
  • New Page
  • Bethlehem

OORSTAANPLEKKE

Soms, op pad na elders, doen 'n reisiger aan by 'n oorstaanplek, wat blywende indrukke laat.        

Foto: Myra Lochner

PictureFoto: Noemi Rodriquez

Mandela’s Gold deur Nicolette van der Walt
Strelitzia reginae

Ek lees digters wat skryf ons moet niks sê
oor die man van Qunu in die groen trui nie:
net berg toe kyk waar silwerbome
geboë staan en ek
in onvermoë die amandla
van sy nalatenskap probeer artikuleer -
ook ek wou u voete was in gedig
al was u nie ‘n Jesus nie;
wel ‘n heerser en heer.
Daarom draai ek my rug op die wit
van kalksteengroewe wat die oog uitdroog
en kyk berg toe waar die klowe klam
en groen soos die miljoen
oë van die reënboog is,
want in dié Desemberuur
staan in Kirstenbosch se tuin ‘n blom
van statuur in die kleur van die son
en die ryp oes van ‘n goudmyn geklee -
ek hoef niks meer te sê:
aan die lang steel van sy arm
vlam sy hand steeds die stryd
om vrede en vergifnis oop:
‘n hamba kahle
wat sal bly skyn oor die mense
van Constantia, Khayalitsha en Mitchell's Plein.

* Intertekstualiteit erken: [Marlise Joubert (“moet niks sê nie”), Clinton du Plessis (“die man met die groen jersey”)
en Johann Lodewyk Marais (“ek was u voete in hierdie gedig”).



Picture
Foto: Adéle Theron, Van Kaapstad, na die wye Karoo ...
Herkoutjie deur Karlien van der Merwe

Ek dink al heeldag herkoutjie

graanvelde en gebaalde groenvoer.
Winters ruik rypwit.
'n Lug so helder
dat 'n mens die wolke kan pluk.
Onder die bloekoms damp plaasdamme
koelte.
Wanneer ek moeg is, Here,
maak my Vrystaatgras.



namakwaland deur Benitia Geldenhuys Hartman

lente kom vroeg in namakwaland
as die ys soggens nog kraak
onder voet
skaap en bok nog
styweboud
sonkol soek
lente bars deur aardkors
onverwags lê die son se geel in 'n plaat daisies
die lug se blou in felicia se kroon
pampoen se oranje in vygies en vetplant
namakwaland se rooi
is jou wang se blos
jou lip se glim
namakwaland is jy
vir my



donkerte het baie kleure deur Marie Bredenkamp

in elke plek waar ek oornag
klink die donkerte ánders
is die minnelied om middernag
in die afwesigheid van branders
veelstemmig in geluid

om een slaan die kerkklok in bethesda
maar uile swyg soos in winterreën
in colesberg dreun trokke
deur ál die ure aaneen aaneen
terwyl vroue van die nag
om den brode langs die weë wag
in henley-on-klip sluimer almal
in die tranquillity van engelse platteland

maar in carnarvon hang 'n saterdag
prematuur in vrydagnag se strate
want oor naweke skuif die fokus
uit die veld
vanaf die plaas
uit die onderdorp
tot waar almal met of sonder dop
hééldag in die strate raas

en ek wonder oor skrywers:
of hulle wat eens hier kon verse skrýf
vandag sal wonder
of hulle vandag hande saam sal slaan
oor die toekoms
waarheen dié meerkat-dorp sal gaan



kwatryn vir my land deur Marie Bredenkamp

nie verniet het ek die spoor gekry
van die oogpister geel van lyf, en wildevy
rondom my oer die vuurring en lawa wat vergly
rotsklip van carnarvon, williston, calvinia: heimat vir my



Picture
Kuns: Elizabeth Kendall
Ou plaashek deur Pieter Bruwer
Kuns: Elizabeth Kendall - met dank

Ou plaashek, jy hang sommer oop,
ons lewenshuis is nou gesloop;
niks te bewaak of teen te keer,
niks is vir ons van waarde meer;
jou vlaktes lê bleek bles gewei
verlatenheid ‘s wat agterbly.

Ou plaashek, jy hang sommer oop,
hoop het eenvoudig weggeloop;
sovele bitter droogtes deur
seisoene harde werk en sleur,
met hoop en bid en lug dophou -
geen wolkie teen die hemelblou.

Ou plaashek, jy hang sommer oop,
gestroop van laaste stukkie hoop;
soveel geswoeg hier jaar na jaar,
getrou gewaak teen doodsgevaar;
’n huis gebou, ’n kind verwek,
’n leeftyd lank op hierdie plek.

Ou plaashek, jy hang sommer oop,
ons grond moes ons gedwong verkoop;
’n rykman - glo daar uit die stad -
se tjekboek het ons siel kom vat,
waar gaan ons bly, waar moet ons heen,
ons bloed ‘s op elke klip en steen.

Ou plaashek, jy hang sommer oop,
soos stronke lê ons kaalgestroop.





Droogtetaal deur Pieter Bruwer

Ek praat die taal
van ’n dorsland
wat hees oor my lippe hyg.

Ek praat ’n taal
waarvan die woorde
soos droë gras vaal word -
woordeloos verskrompel -
sodat slegs stilte soos stof
aan my verhemelte kleef.

Ek praat ’n taal
waarvan die sinne
verdroogde tolbosse is
wat in die warrelwinde
oor die verlate vlaktes
van ons Karooland rol
op soek na lewende water -
na fonteine waar rus is:
Grootfontein, Kleinfontein,
Put-sonder-water-fontein,
Droëmond-soek-water-fontein.

O, my ou droogtetaal,
met klanke soos krete -
van ’n stokou
afgeleefde windpomp
wat se nagtelike getjier-tjier
my hart stukkend maal.




Picture
boer se stryd deur Benita Geldenhuys Hartman
The downs: lekgalameetse

die ou opstal 'n murasie
'n verdroogte kanna
waar eens 'n spogtuin was

winde roer die soetgras vlaktelangs
fluister die verhaal van 'n boeredroom

waar boorde
swanger aan potensiaal
in kultivarblok gemerk gevoed
getroetel as eie kind
beskerm moes word teen die ture wind

teen groot trop bergbewoner
wat in een oogwink
met koggelblaf
die oes die hoop die vonkel in die oog
kon verdoof
tot 'n geknakte gees

maar nou
le die grond braak

vernietigend
van alles gestroop



Picture
Foto: Lettie Murray
álmal maar net grassade deur Lettie Murray

ouderdom mag vreeslik klink...
positiewe ingesteldheid
die son, maan en sterre
waarom alles draai -
kan mens ónbetwis
jonk van gees
onderdeur dié planete gaan

jou geestelike avontuur reis
in Hom, deur Hom en tot Hom

saans, as eensaamheid praat
uile op die dak geluide maak
wind om die hoeke raas
sluit jou hart oop -
leef ‘n storieverhaal…

voel geliefdes se hartklop
breek deur grense -
hoor die reëndruppels
sing ‘n liedjie
sien grassade in die wind

stap met verwaaide hare
rinkink soos ‘n kind

álmal net maar grassade
grassade in die wind



Karoo-trane deur Marcus Jorin Peters

silwer trane van vog
dog blink druppels
aan droogte
bittere lyding
skuil hartseer
in droë grond
van skeiding
alleen en wees
die wegbly was
'n eensame reis
van vervreemding
jy is nou terug
ons twee versoen
dit reën -
die rou krake
letsels verseël
en spruit groen
waar niks was
nuwe lewe
fris vars liefde
uit die trope

Picture
www.mylandsa.co.za
www.cordistrust.co.za
e-pos: [email protected]


Cordis Trust, Posbus 73592, Lynnwoodrif. 0040