Ladismith
Gemoedsrus in die Klein-Karoo deur Jeanette Nel le Roux
Ladismith, Kaap
In die rustige Klein-Karoo
is elke fleurige klapperbos
bo en onder kwistig getooi
met groenpienk, amper rooi
sagte poffers – vol plofbare belofte
Ladismith se leliewit aandblom
rys uit dorre aarde –
vul die snakkend-fris aandlug
met ‘n geur soet en gul –
tydelik aan die mens geleen
met God se onverdiende seën
Sielsverlange word gestil
menseharte vind gemoedsrus
aan die voet van Towerkop –
God se wonderbaarlike skepping
in hart van die Klein Karoo
Ladismith, Kaap
In die rustige Klein-Karoo
is elke fleurige klapperbos
bo en onder kwistig getooi
met groenpienk, amper rooi
sagte poffers – vol plofbare belofte
Ladismith se leliewit aandblom
rys uit dorre aarde –
vul die snakkend-fris aandlug
met ‘n geur soet en gul –
tydelik aan die mens geleen
met God se onverdiende seën
Sielsverlange word gestil
menseharte vind gemoedsrus
aan die voet van Towerkop –
God se wonderbaarlike skepping
in hart van die Klein Karoo