BLYDERIVIER
Foto: Stef Kruger
Die plek waar die son opkom deur Elizabeth Kendall
Ek sou na woorde kon soek
oor ons mooi land waar
duisend spore wegraak in die sand
waar teen die hange groen en grou
die mis ‘n donskombers oopvou
waar sou ek sinne kry om te beskryf
wat ek gevoel het aan my lyf,
in die diepste van my siel
toe ek in my kleinheid nét wou kniel
op die pad na Orighstad
het ons die uitdraai regs gevat
om die Drie Rondawels te bekyk
in die Blyderiviervallei,
ikonies troon hul bo ons uit
in hul grootse majesteit
bekende legendes word vertel:
dié plat kop regs is koning Mapjaneng
en sy drie veglustige vroue:
Maseroto, Mogoladikwe en Magabolle
groot en rond en vas van voet
staan hul langs mekaar
aan die noordelike punt
van die Drakensberg platorand
subtropies groen en mosbedek,
steil sandsteenrooie, hoë toringkranse
teen helder, ligblou hemeltranse
en diep benede, donker blink die water
in ‘n kuil waar winterwind nou saggies huil
my hart juig in blye dankbaarheid
oor soveel Skeppingsskoonheid
w ê r e l d w y d
Ek sou na woorde kon soek
oor ons mooi land waar
duisend spore wegraak in die sand
waar teen die hange groen en grou
die mis ‘n donskombers oopvou
waar sou ek sinne kry om te beskryf
wat ek gevoel het aan my lyf,
in die diepste van my siel
toe ek in my kleinheid nét wou kniel
op die pad na Orighstad
het ons die uitdraai regs gevat
om die Drie Rondawels te bekyk
in die Blyderiviervallei,
ikonies troon hul bo ons uit
in hul grootse majesteit
bekende legendes word vertel:
dié plat kop regs is koning Mapjaneng
en sy drie veglustige vroue:
Maseroto, Mogoladikwe en Magabolle
groot en rond en vas van voet
staan hul langs mekaar
aan die noordelike punt
van die Drakensberg platorand
subtropies groen en mosbedek,
steil sandsteenrooie, hoë toringkranse
teen helder, ligblou hemeltranse
en diep benede, donker blink die water
in ‘n kuil waar winterwind nou saggies huil
my hart juig in blye dankbaarheid
oor soveel Skeppingsskoonheid
w ê r e l d w y d