PRETORIA
Die hart van die stad pols anders as die platteland; in tempo en in toonaard, dwing dit, stu dit, roep dit. Soms wrang, soms wreed, soms wonderbaarlik, vra dit vir die eerlike oog, die geharde woord, maar ook die deernisvolle hart.
Pretoria deur Nini Bennett
As ek sterf, sal ek ‘n storm ruik
in die plek van my geboorte
as rooistof haaks in rukwinde vlam
en weerlig wolke skroei; hemelbome koorsig
teen horisonne staan
as dit reën, ek skoonbloei in rooigrond
sal ek onthou
in die hoëveld ruik onweer
steeds dieselfde -
slegs in ‘n storm is ek waarlik vry.
As ek sterf, sal ek ‘n storm ruik
in die plek van my geboorte
as rooistof haaks in rukwinde vlam
en weerlig wolke skroei; hemelbome koorsig
teen horisonne staan
as dit reën, ek skoonbloei in rooigrond
sal ek onthou
in die hoëveld ruik onweer
steeds dieselfde -
slegs in ‘n storm is ek waarlik vry.