MURASIES
Foto: Adéle Theron
Hooglandmurasie deur Adéle Theron
In die Suidoos-Vrystaat,
na aan die Bergkoninkryk se grens,
bring 'n plaas vol sonstraalvlaktes
aan elkeen 'n stille vredeswens.
Met beitel se hand in syne
het hamer deur die veld gestap
om vir grootjie-oupa hulp aan te bied,
die reghoekklippe tot pasmaat gekap.
Waar heuwels diep dimensie gee
aan vaalwitvelde vol bossies gras,
staan 'n murasies fier en trots
met elke klip in reëlmaat gepas.
'n Boog, perfek in wighoekmaat,
waar slange onversigtig wemel,
'n boustyl vir eeue vasgelê,
geïnspireer deur poorte in die Hemel.
In die Suidoos-Vrystaat,
na aan die Bergkoninkryk se grens,
bring 'n plaas vol sonstraalvlaktes
aan elkeen 'n stille vredeswens.
Met beitel se hand in syne
het hamer deur die veld gestap
om vir grootjie-oupa hulp aan te bied,
die reghoekklippe tot pasmaat gekap.
Waar heuwels diep dimensie gee
aan vaalwitvelde vol bossies gras,
staan 'n murasies fier en trots
met elke klip in reëlmaat gepas.
'n Boog, perfek in wighoekmaat,
waar slange onversigtig wemel,
'n boustyl vir eeue vasgelê,
geïnspireer deur poorte in die Hemel.
Hul eerste huis deur Adéle Theron
Weke lank het hul Noordwaarts getrek;
vanuit die mooiste Kaap
ontvlug na die heuwels van vryheid
met ossewa en al hul skaap.
Rustig het hy sy perd laat stap
om die veld en spruitjie te verken,
‘n enkele buurman se bakens beskou
en besluit om net hier sy eie te bou.
Dit was winter en die gras blom vaal,
maar die stroompie kabbel helder
en opgewonde voort;
vertel toe sy eeue-oue verhaal.
‘n Huisie wou hy vir hulle prakseer
maar steen en sement het nog makeer,
die tweede beste was klip en turf
toe bou hy ‘n hartbeeshuisie
met wêreldwysheid en vryheidsdurf.