Meiringspoort
Hemelpoort deur Marcus Jorin Peters
Die poort na die hemel is in die Karoo
en nie tussen sterre iewers daar bo
dis 'n plek waar tyd tot stilstand ruk
'n goddelike oomblik, waar toeriste graag met hul kameras mik
Die Skepper se palet was hier blatant rojaal
skakerings van sandsteen-kleure, elkeen vertel 'n verhaal
laag op laag lê die opgestapelde verlede se rotslae
waar bobbejane dromerig g'n motoris wil pla
Die smal weg swenk en kronkel
oor bruggies waaronder kristalwater vonkel
koel water wat luid stort
en in stilte een met die donker poel word
Jy word hier terdeë van die skepping bewus
en wonder of die Skepper na ses dae hier wou rus
en gou beur die pad na De Rust, voort
my hemelse rit deur die skone Meiringspoort