Oudtshoorn
Buffelsdrift Game Lodge met die Swartberg in die agtergrond.
Foto: Nicolette van der Walt
Oudtshoorn
hier is somer self die spreker ook winter
is te ryp om stil te word luister
jy sal die stem van water
uit die kalksteen van dié gedig
sien drup van vroeg af reeds
hangbrug lig ‘n helder aar
vanaf Buffelsdrift tot Mooihoek oor
koggelmandervoet botterboom
pronkvygie en lidjiestee -
fragmente uit die skrywer
se onuitgeebare boek
die Swartberg en Outeniekwa is
twee parentese tussen hulle
dommel volstruis en bot
amandelbloeisels in die dop van God
se klein mandorla staan klapperbosse
soos krismiskinders uit die rubáiyát
van al my seisoene op
hier is somer self die spreker ook winter
is te ryp om stil te word luister
jy sal die stem van water
uit die kalksteen van dié gedig
sien drup van vroeg af reeds
hangbrug lig ‘n helder aar
vanaf Buffelsdrift tot Mooihoek oor
koggelmandervoet botterboom
pronkvygie en lidjiestee -
fragmente uit die skrywer
se onuitgeebare boek
die Swartberg en Outeniekwa is
twee parentese tussen hulle
dommel volstruis en bot
amandelbloeisels in die dop van God
se klein mandorla staan klapperbosse
soos krismiskinders uit die rubáiyát
van al my seisoene op