Ruiterbosch
Die Heuwel, Ruiterbosch
Die plasie aangrensend aan my oupa se plaas, Glenheath, waar ek gedurende my kleuterjare gewoon het.
RABOS, RUYTERSBOSCH, RUITERBOS deur Myra Lochner
Aangepas uit: Laventel & Landou, 2013
In die heuwelagtige Ruiterbosvallei lê Ruiterbos: vroeër bekend as Rabos, wat later na Ruytersbosch herdoop is deur my oupa, JJO Beneke. Dit was ’n bekende rusplaas tydens die dae van transportry tussen die hawe van Mosselbaai en die binneland. Oupa Beneke het ’n gedeelte van sy plaas afgebaken as ’n uitspan waar osse en transportryers kon rus, voordat hulle vroeg die volgende môre die pas sou aandurf. Hier het Oupa ook ’n boerekommando met perde gehuisves tydens die Anglo-Boereoorlog. Hulle én hul gasheer is deur die Britte in hegtenis geneem.
Gedurende 1956 sou Oupa se tweede kleindogter, Myra Magdalena – die tweede oudste kind van sy jongste dogter, Ada – op ’n kaal stuk grond in die denne-plantasie rondomtalie-draai en gebaai in goue sonstrale oor die sagte kweek dans, terwyl oom Dawid, Oupa se jongste seun, “houtmaak”. Vermoedelik presies dáár waar die uitspan was …
Op Die Heuwel, die plaas van feetjies aangrensend aan Oupa se plaas, Glenheath, het die rivier dikwels sy walle oorstroom ... en dan het die dennebome glinster-sterretjies na die vrugbare grond toe laat ritsel.
Nag op Ruiterbosch
Van glansblink nagruim straal diep rosekwarts
– geskeie in gewyde glans –
tot skitterlig gekomponeer,
en daal in hart vol swye neer.
Vannag swel die rivier,
koorsig in vaart,
as kolke water oor swart rotse was
tot hemelse refleksies wat versmelt,
voortvloeiend na die Delta ongemeld.
Tweevlakkig saamgeweef,
die blink brokaat wat helder sterre
van die hemelbed laat val,
in jubelwaters,
stortend oor die wal.
Myra Lochner
Ruiterbosch het 'n ongereptheid en 'n bekoring wat tot stilte en vrede lei. Die vrug uit hierdie humusryke grond word kleur en sensasies,
wat nooit heeltemal vervaag nie. Mens, dier, voël en gewas gedy hier.
Dit is asof daar 'n ongerepte deel van die oorspronklike Eden hier agtergebly het en asof Hy saans in die briesie in die Kloof kom wandel,
om sy skepping te kom geniet.
Wat ek is, kom uit hierdie bodem.
Glenheath, waar my moeder, Ada Maria Dorothea, grootgeword het en waar ek baie ure alleen in die velde en
woude deurgebring het.
woude deurgebring het.
Die Heuwel, wat eintlik net nog een heuwel tussen baie ander is! Hier is dit laer as straatvlak. Ek moes hier dikwels
saam met my sussie gaan fynhoutjies breek vir die koolstoof.
saam met my sussie gaan fynhoutjies breek vir die koolstoof.
As gevolg van (die) dam(me) wat hoër op gebou is, is die natuurlike rivierloop en vleigebied van Glenheath belemmer.
In die voorgrond van hierdie foto was daar altyd plate en plate varkore en 'n bruisende, standhoudende rivier, waar
daar wasgoed gewas is en oor die gras gedroog is. Nou is daar slegs 'n klein lopie. Hoe jammer!

My Oupagrootjie se ou opstal; die huis waar my oupa grootgeword het.
Hierdie pad het die oorspronklike plaas, Glenheath, in twee kom deel.
Ruiterbosch is minder bebos en meer beweid, deesdae. Maar oor die algemeen het die grond vir my agteruitgegaan.
Veral Glenheath se grondgehalte het verswak nadat daar blykbaar 'n paar jaar gelede met volstruise geboer is!
Wisselbou is noodsaaklik om die grondgehalte goed te hou. My oupa het hoofsaaklike met aartappels, kool, mielies,
pampoen, patats, ertjies en wortels geboer. Dan het my ouma ook nog haar eie fyntuin gehad, waar kruie geplante is.
En dan natuurlik was daar 'n grenadellaheining om die blomtuin, wat heerlike vrugte opgelewer het ... na die mooi pers
blomme, wat vir my soos rosette gelyk het. Daar was ook verskeie vrugteboorde. Langs die stoep was daar 'n groot
perskeboom en verskeie vyebome, en verderaan lemoene, suurlemoene, nartjies, koejawels.
Ek is nou nog versot op alle vrugte en groente ... en my kinders ook.

Die wêreld van feetjies ...
Die wonderwoud, waar oom Dawid met die houtslee, wat hy self getrek het, kom fynhout haal het.
Tussen hierdie ooptes het ek gesing en gedans terwyl ek vir hom wag.
Tussen hierdie ooptes het ek gesing en gedans terwyl ek vir hom wag.
Die Heuwel het deesdae 'n uithangbordie. Dis ongeveer by hierdie uithangbordjie waar ek en my ouer sussie. Isabel, elke
weeksdag vir oom Piet Bus staan en wag het, wat ons die paar treë skool toe moes aanry en smiddae weer kom aflaai het.
My bynaam was "Pixi", omdat ek altyd in die winter 'n gebreide katjiepet skool toe gedra het!

Die Laerskool Ruiterbosch, waar ek drie grade in een jaar voltooi het; ek moes dit egter alles oordoen in die stad,
want ek was onder ses.
want ek was onder ses.
2014 Myra Lochner