BETHULIE, Suid-Vrystaat
Suid-Vrystaat (Bethulie distrik). Na 'n besoek aan my tannie se plaas, Ketelfontein.
'n Feesmaal vir die siel deur Benjamin Meyer
Suid-Vrystaat (Bethulie distrik). Na 'n besoek aan my tannie se plaas, Ketelfontein.
Hier lui die foon nog drie kortes en 'n lange
voel die dae 24 uur en langer.
Melk kom hier van 'n koei in 'n emmer
en word die sterreprag deur niks belemmer.
Hier kry jy nog tiekies in jou poeding
kry jou hart en siel versoening,
krummelpap smaak soos swartpot
en elke tree is 'n gebod.
Die Bokmakierie roep sy vrou
jakkals trou met wolf se vrou.
Kokkewiet Kokkewiet
gasvryheid is hier verniet.
Die ryp lê soggens blou
die lig werk nog met 'n tou.
Hier ruik die reën na grond
en krap die vlaktes my gedagtes rond.
'n Windpomp suig water uit die aarde
en bruis die bloed weer deur my are.
Water kan hier in die strome vries
God het hierdie plek vir my gekies.
Benjamin © Junie 2012