Riversdal
Riversdal is geleë tussen George en Kaapstad op die N2 in die suidelike Wes-Kaap en is ook die mees westelike punt van die Tuinroete. Die pragtige rustige dorpie lê aan die voet van die Langeberge met die welbekende Sleeping Beauty/Slapende Skoonheid (berg) wat afkyk oor die dorp. Riversdal is gestig op die plaas Doornkraal en is op 30 August 1838 tot dorpsgebied verklaar. Riversdal is vernoem na Harry Rivers, die siviele kommissaris van Swellendam.
Sleeping Beauty
Riversdal
Op die top van die blougroen Langeberge se wal
bokant die rustige dorpie Riversdal
lê 'n slanke liggaam, dag en nag, in heet en kou
verleidelik uitgestrek, afgeëts teen hemel blou
met sterre en engele wat haar snags bewaak
Bedags laat die son se vuurtong haar skaamnaak
haar lang wimpers amper toemaak
en rig op haar borste, ferm en kleinerig
Haar ledemate vloei en smelt saam in volmaan -
die bergtop se landmerk, in harde rots geslaan
Werklikheid deur verbeelding verskans -
‘n goue spinnekopweb wat nestel
as deel van haar kroon van klip en krans
Hoog bo die die walle van die kronkelende Vetrivier
lei dou-deurdrenkte fynbos-wandelpaaie
tot waar die slapende skoonheid die hemelruim in styl versier
JEANETTE NEL LE ROUX