Gamkaskloof
Vanaf die Swartbergpas (vanaf Oudtshoorn of vanaf Prince Albert) draai die pad uit na Gamkaskloof. Dit is 37 Km tot by Cape Nature en 'n verdere 13 Km tot by privaatgrond. Die pad stel hoƫ eise aan voertuie en bestuursvernuf. Tog is dit 'n ontdekkingsreis na binne en die stilte by oornag onbeskryflik.
Foto's: Uysie Alberts & Fanie Marais
Gamkaskloof deur Uysie Alberts
teen skilpadpas daar gekom
oor klippe deur dongas
steiltes en draaie elmboogkrom
die smal paadjie tot in die hel
ons kruip vroeg in die katelkooi
bodeel van staldeur oopgegooi
'n soel wind wat bolwang fluister
soen my wakker in die duister -
dié gesig laat my asem stol:
omhels met deurkosynraam
reg in die hart van die nagskildery
hang aan fluweellint
gehou deur onsigbare hand
venus - die enigmatiese liefdester
wat helder seine na my straal ...
vanoggend is ek jóú geskenk; net joune
om mee te maak wat jy bepaal!
o, die draaikolk in haar oë suig my in
ek hang aan haar silwer lippe,
stom van verwondering
oor die grootsheid - ek 'n stippel
(dié ervaring bly kosbaar
waar jou skat is sal jou hart ook wees)
ek het 'n minuskule plek
in die groot raam wat die heelal omtrek
teen skilpadpas daar gekom
oor klippe deur dongas
steiltes en draaie elmboogkrom
die smal paadjie tot in die hel
ons kruip vroeg in die katelkooi
bodeel van staldeur oopgegooi
'n soel wind wat bolwang fluister
soen my wakker in die duister -
dié gesig laat my asem stol:
omhels met deurkosynraam
reg in die hart van die nagskildery
hang aan fluweellint
gehou deur onsigbare hand
venus - die enigmatiese liefdester
wat helder seine na my straal ...
vanoggend is ek jóú geskenk; net joune
om mee te maak wat jy bepaal!
o, die draaikolk in haar oë suig my in
ek hang aan haar silwer lippe,
stom van verwondering
oor die grootsheid - ek 'n stippel
(dié ervaring bly kosbaar
waar jou skat is sal jou hart ook wees)
ek het 'n minuskule plek
in die groot raam wat die heelal omtrek
Gamkaskloofbesoek Mei 2015:© Fanie Marais