Lydenburg
Foto: Elizabeth Kendall
Op pad deur Elizabeth Kendall
Op pad na Lydenburg
Langs Lakenspruit se heuwels
lê klippe soos bruin beskuite
u i t g e s t r o o i:
wonderskeppingsmooi
al met die swaai van die pad
ry ek met ‘n lied in my hart
teen groen rante en bulte uit
waar waterpanne
in die vroegmôre lê en dut
en bont beeste vreedsaam wei,
waar stiltes soos ‘n sagte serp
oor nek en rug kreukelvou
bring ek myself,
my hande, vashouwoorde
nog ‘n keer na jou
Op pad na Lydenburg
Langs Lakenspruit se heuwels
lê klippe soos bruin beskuite
u i t g e s t r o o i:
wonderskeppingsmooi
al met die swaai van die pad
ry ek met ‘n lied in my hart
teen groen rante en bulte uit
waar waterpanne
in die vroegmôre lê en dut
en bont beeste vreedsaam wei,
waar stiltes soos ‘n sagte serp
oor nek en rug kreukelvou
bring ek myself,
my hande, vashouwoorde
nog ‘n keer na jou